Crunchies
1 koppie koekmeel
1 koppie klapper
1 koppie hawermout
twee-derde koppie bruinsuiker
knypie sout
125 g ongesoute botter
1 eetlepel goue stroop
½ teelepel koeksoda
2 eetlepels kookwater
Meng meel, klapper, suiker en hawermout goed. Smelt botter in klein pannetjie en meng koeksoda en water by en gooi stroop by bottermengsel. Gooi by droë mengsel en meng goed. Voer bakplaat ui met bakpapier. Rol teelepels vol deeg in klein balletjies en sit op bakplaat. Ver genoeg van mekaar sodat koekies nie ineen loop nie. Bak vir 15 tot 20 minute tot gaar by 180°C. Laat in bakplaat afkoel.



