KARRINGMELK NAGEREG
1 koppie suiker
4 eetlepels botter
3 eiers goed geklop
1 koppie bruismeel
3 koppies karringmelk (500ml karton)
1 koppie melk
1 teelepel bakpoeier
knippie sout
1. Room botter en suiker goed tot lig en donsig. Klop eiers deeglik en voeg by.
2. Sif meel, sout en bakpoeier saam en roer in mengsel. Roer karringmelk en melk geleidelik by.
3. Gooi slap mengsel in gesmeerde bakskottel / bak. Bak 1 uur in 'n mattige oond, vooraf verhit tot 180°C



