Plaas Biltong

Toe ons uit SA weg is het ek my kookbybel saamgebring en daarin is 'n heerlike biltongresep wat ons gereeld gebruik.
Gebruik "rump steak" vir die resep. Ons vra ons plaaslike "butcher" om heel "rump" vir ons op te sny. Dis heelwat goedkoper as om vleis van die rak af te koop.
Hierdie resep is genoeg vir 25kg vleis, maar kan halfeer of verminder word na 5kg.
750ml sout
250ml geelsuiker
15ml salpeter (vra die slaghuis)
30ml koeksoda
Fyn gedrukte koljander (per 5kg 'n halwe koppie)
Asyn
1. Sprinkel die vleis met asyn.
2. Meng die eerste 5 bestandele goed.
3. Vryf die biltonge goed daarmee in en pak dit in lae in 'n houer van hout, emalje, erdewerk of plastiek. Pak die dikste biltonge onder.
4. Wanneer die koeksoda in die mengsel begin skuim (so 12 tot 24 uur na gepak is), kan dit opgehang word.
Hoop julle vind dit net so lekker.



